Welcome

Let's have some fun together!

Thursday, December 17, 2009

Commemorating Day of the Vow (16-12-2009) Herdenking van Geloftedag

Ek het 'n baie geseende Geloftedag herdenking met baie gawe Boere Afrikaners deurgebring: Bybel gelees, gebid, Bloedrivier-geskiedenis bedink, die Gelofte gelees, Die Stem en Vlaglied gesing, en heerlik gekuier na die tyd. DANKIE JULLE!!!

Thursday, December 10, 2009

GELOFTEDAG: 16 Desember 2009

GELOFTEDAG: 16 Desember 2009

Wat beteken GELOFTEDAG vir ons, vir jou? Kom deel julle menings ook hier asseblief: http://www.facebook.com/group.php?gid=22332429032.

Het ons nog enige konneksie daarmee? Is JY onder verpligting om 'n Gelofte wat dekades gelede gedoen is, gestand te doen?

Persoonlik voel ek myself streng verplig om wel die Gelofte te eerbiedig. Die voorreg wat ek gehad het om in Suid-Afrika te kon lewe en wie en wat ek is, is duur met bloed gekoop en ek eerbiedig dit.

Dankie, Vader, vir eenvoudige, hardwerkende, trotse, gelowige voorgangers wat bereid was om baie gevare te trotseer en wat baie ontberinge deurstaan het om van Suid-Afrika die land te gemaak het wat dit is (was?).

Ek stel myself in die groepie Voortrekkers se posisie - voor en na die Slag van Bloedrivier - en ek weet een ding vir seker: HULLE HET HUL VERTROUE OP GOD GEPLAAS EN HY HET UITKOMS GEGEE.

Na die vreeslike geveg, sien ek in my geestesoog die klompie mense in die laer om die vure sit, Bybel in die hand, besig om God te loof en te prys. Slegs 9 dae skei Geloftedag en Kersdag. Ek glo vir 10 dae aaneen, het hierdie groepie gelowiges die Here, YHWH - God van Abraham, Isak en Jacob, onophoudelik ge-eer, geloof, en gedank. Wie is ek, om nie hulde aan sulke mense en ons God te bring nie?

Mag die vreugde wat Kersfees voorafgaan met julle wees in julle oordenking in hierdie saak.

Lizette De Klerk
© 2009

Vir meer inligting oor Geloftedag en vuringe:

Google gerus: gelofte dag feesvieringe 2009

of lees hier:

http://www.bloedrivier.org/bloedrivier_geskiedenis_slag_van_bloedrivier_05.php

en

http://www.onsvirjou.org/OVJ/index.php?topic=230.0

en

http://www.facebook.com/topic.php?uid=12543786188&topic=11448