Welcome

Let's have some fun together!

Thursday, October 11, 2012

South African Businesses & Products Online & Abroad



In both the following Facebook groups you will find a downloadable pdf file with a "South African Businesses Abroad Directory" for South African-born business owners operating businesses abroad or online where you can find the finest in South African style and products. #LDKG

Links:


South African Global Villange - https://www.facebook.com/groups/SAGV1/ and

South Africa & Canada - Networking Site - https://www.facebook.com/groups/SA2CA/

Wednesday, August 1, 2012

SA @ London 2012

#OPA SÊ: "VEELS GELUK!!!"

Tot op hede het Suid Afrika twee 2012 Olympiese medaljes losgeslaan:

1. Chad le Clos - GOUD (Swem)

2. Cameron Van der Burgh - GOUD (Swem)

© 2012. Lizette De Klerk. Alle regte voorbehou wêreldwyd.

- o - o - o - o - o - o -

CONGRATULATIONS!!

To date South Africa won two Olympic 2012 medals:

1. Chad le Clos - GOLD (Swimming)

2. Cameron Van der Burgh - GOLD (Swimming)

© 2012. Lizette De Klerk. All rights reserved.











© 2012. All rights reserved worldwide.

South Africa Struck Gold Again, Twice.

CONGRATULATIONS!!

To date South Africa won two Olympic 2012 medals:

1. Chad le Clos - GOLD (Swimming)

2. Cameron Van der Burgh - GOLD (Swimming)

© 2012. Lizette De Klerk. All rights reserved.











---------------------------------------
PREVENT SPAMMING: when forwarding this email (with written permission obtained first), remove the sender's email address and use the BCC addressing box.
 
This communication is solely intended for the addressee, is intended only for the use of the person(-s) or entities named above and may contain information that is confidential or legally privileged.  If you are not the intended recipient named above or a person responsible for delivering messages or communications to the intended recipient, YOU ARE HEREBY NOTIFIED that any use, distribution, or copying of this communication or any of the information contained in it is strictly prohibited.  If you have received this communication in error, please notify the sender immediately and delete all copies. 

Please consider the environment before printing this message. 
Thank you. © 2012. All rights reserved worldwide.

Thursday, July 19, 2012

South Africa's new "No squatting!" policy.

Sterkspruit Sign29.jpg 

--
 
Regards,
 
Lizette De Klerk
 
PREVENT SPAMMING. IF YOU ARE FORWARDING THIS MESSAGE, PLEASE REMOVE MY EMAIL ADDRESS AND USE THE BCC ADDRESSING BOX.
 
This communication is solely intended for the addressee. If you received it in error, kindly notify the sender immediately and delete all copies. Thank you.

Crash and burn, the new motto of avid smart- eh dumb phone users. #LDKG

 

--
 
Regards,
 
Lizette De Klerk
 
PREVENT SPAMMING. IF YOU ARE FORWARDING THIS MESSAGE, PLEASE REMOVE MY EMAIL ADDRESS AND USE THE BCC ADDRESSING BOX.
 
This communication is solely intended for the addressee. If you received it in error, kindly notify the sender immediately and delete all copies. Thank you.

Monopoly Board of the new South Africa

South African Topical Monopoly 
 

--
 
Regards,
 
Lizette De Klerk
 
PREVENT SPAMMING. IF YOU ARE FORWARDING THIS MESSAGE, PLEASE REMOVE MY EMAIL ADDRESS AND USE THE BCC ADDRESSING BOX.
 
This communication is solely intended for the addressee. If you received it in error, kindly notify the sender immediately and delete all copies. Thank you.

Sunday, June 17, 2012

Happy Father's Day

Happy Father's Day!

With loving thoughts of all our fathers and our single mommies today.

Wednesday, June 13, 2012

Markham Village Music Festival

"For those of you in the region please set aside some time this weekend to attend the Markham Village Music Festival where there will be a Lyme Disease Awareness booth set up with flags, pamphlets, brochures, etc.. Please attend and show them your support while taking in the music!!

•Date: June 15 & 16, 2012
•Times: Friday evening from 6 pm until 10 pm & Saturday from 9 am until 6 pm
•Location: Main Street Markham (a.k.a. Markham Road or Highway 48) is closed to traffic from Highway 7 north to Parkway/Bullock for this annual event
•Admission: FREE" - CanLyme

Monday, June 11, 2012

Please support our various marketing avenues. @arcmetalart #AMA

Arc Metal Art Goes Viral

Limited edition metal art productions available to the public for a limited time only, in commemoration and celebration of the 100th Anniversary of the Calgary Stampede!

Follow us on Twitter: https://twitter.com/#!/arcmetalart
@arcmetalarc #AMA


Like and Share our Facebook page: www.facebook.com/ArcMetalArt

On the banks of the Zambezi River, Zimbabwe!


Sit quietly, he'll go away after a while!!

 
 
 
--
 
Regards,
 
Lizette De Klerk
 
PREVENT SPAMMING. IF YOU ARE FORWARDING THIS MESSAGE, PLEASE REMOVE MY EMAIL ADDRESS AND USE THE BCC ADDRESSING BOX.
 
This communication is solely intended for the addressee. If you received it in error, kindly notify the sender immediately and delete all copies. Thank you.

Wednesday, May 30, 2012

Republiekdag: RSA 31 Mei

Ons herdenk Republiekdag jaarliks op 31 Mei (Republiek van Suid-Afrika)

Tuesday, May 29, 2012

Man & Vrou

'n Vriendin deel vandag die met my en dit is so skerp en pittig, ek moes dit net met jou deel! :)

Die Huwelik:

Hierdie is uit Mark Gungor se aanbieding Laugh Your Way to a Better Marriage.

Lees maar met deernis....

Daar is baie navorsing wat bewys dat getroude mense langer lewe en gesonder is as ongetroudes. Hulle het meer geld en beter seks. Google dit as jy my
nie glo nie.

Maar om al die voordele van die hemelse huwelik te ontsluit, moet jy 'n paar dinge weet. Ja, mans en vroue verskil, maar dit is juis hierdie verskille wat maak dat julle 'n wonderlike verhouding kan hê. Daarom moet jy weet hoe om hierdie verskille tot jou voordeel te gebruik. En die belangrikste
verskil is ons koppe!

Vroue maak graag 'n kop-probleem 'n hart-probleem. En dit maak jou onnodig ongelukkig. As jy die volgende verstaan, gaan jou huwelik soveel makliker raak.

'n Man se brein bestaan uit boksies...

In 'n man se kop is daar duisende boksies wat hy versigtig oopmaak as iemand daardie spesifieke onderwerp aanraak. Amper soos 'n outydse liasseerkabinet, jy kan net een laai op 'n slag ooptrek. As jy oor die kinders praat, maak hy daardie boksie oop, sonder om aan die ander boksies te raak.

As jy dan skielik oorslaan na sy werk, Saterdag se braai en skoolgeld, spook hy vreeslik om eers die kinderboksie toe te maak en dan die werk-boksie oop te maak. En terwyl hy nog besig is met werk, trek jy al by skoolgeld en maak sommer 'n draai by die vullissak wat uitgesit moet word ook. Sjoe!

Die gevolg is dat hy wild deurmekaar raak en eers 'n stil hoekie moet gaan kry om al sy boksies weer toe te maak en te bêre ... en te probeer
verstaan hoekom jy nou boonop vir hom kwaad is. Dis dan dat hy sy gunsteling boks nader trek... sy niks-boks. En in sy niks-boks is daar net mooi niks. Dis dolleeg.

So, as jy al ooit gewonder het, dit is hoekom mans breindooddinge soos visvang ure lank kan doen. Hy gooi die lyn in en klim in sy niks-boks. In sy niks-boks is daar nie tyd nie, nie werk nie, nie jy nie, nie eks-meisies nie, nie sluwe planne nie, nie duistere begeertes nie... Daar is niks nie.

Moenie dit probeer verstaan nie, glo dit net. En nee... jy kan nie saam met hom in sy niks-boks klim nie, want dan word dit 'n iets-boks!

'n Vrou se brein bestaan uit miljoene drade. Hierdie komplekse draadnetwerk in vroue se breine veroorsaak dat alles in jou lewe en gedagtes gelyktydig aan alle ander goed verbind is. Amper soos die internet. Alle inligting is heeltyd beskikbaar. Dis totaal onverstaanbaar vir enige man.

As jy aan iets dink, word die nimmereindigende stroombaan geaktiveer en elke gedagte veroorsaak 'n nuwe een. Dit is hoekom jy die een oomblik aan jou uitrusting vir vanaand kan dink en die volgende oomblik aan jou laerskool juffrou... en wonder hoe op aarde jy daarby uitkom. Maklik. Jy is so
gemaak. 'n Vrou kan nooit aan niks dink nie. Heeltemal onmoontlik. Maar dit weet jy seker al.

Hierdie draadnetwerk en veral die niks-boks kan 'n man en 'n vrou nogal vreemd vir mekaar maak. Kyk byvoorbeeld hoe verskillend julle stres hanteer, gesels en luister. Mans en vroue stres anders, as die stresgolwe jou man begin karnuffel, gaan sit hy in sy niks-boks. Dan gebeur die volgende:

Sy: Waaraan dink jy?
Hy: Niks.
Sy: Hoekom wil jy nie met my daaroor praat nie?!

Jy, aan die ander kant, móét praat as jy stres anders gaan jou kop ontplof. Daarom kan jy nie verstaan dat jou man stilbly nie... en aan níks dink nie?

Jy wil nie regtig raad of 'n oplossing hê nie. Jy wil net daaroor praat. En dis nogal moeilik vir jou praktiese man om te begryp. Hy wil graag jou probleem oplos, maar hy weet nie wat om vir jou te sê nie en hy weet nie hoe jy voel nie.

Hmm, hy moet niks sê nie, net luister. En jy weet self nog nie hoe jy voel nie  jy is dan nog besig om die drade te verbind! So, as jy stres, is sy beste raad vir jou: Hou op om daaroor te dink. En jou beste raad vir hom is: Praat daaroor!

Mans en vroue praat anders. Vroue praat nie net meer woorde as mans nie, maar die woorde wat hulle gebruik, beteken nie dieselfde nie, al word hulle eenders geskryf. Kyk na die volgende voorbeelde:

5 minute: Vir 'n man beteken dit 60 sekondes, vyf keer na mekaar. Maar vir jou kan dit enigiets tussen 10 minute en 'n ewigheid beteken!

Niks: Teen hierdie tyd behoort jy te weet dat niks vir 'n man presies niks beteken nie. Maar vir jou kan hierdie vierletterwoordjie so gelaai wees met betekenis dat selfs jy sal sukkel om dit te verstaan.

'n Sug: As jou man sug, beteken dit alles is lekker. Aaa... Lekker... As jy sug, wel, is niks volgens jou lekker nie! Of jy's moeg gewag, jy dink jou man is dom, jy wens jou lewe was anders... Of enige van die duisende ander boodskappe wat jy met een enkele sug probeer weergee.

Gaan aan: 'n Man bedoel dit hoflik. Gaan aan met waarmee jy besig was, sê wat jy besig was om te sê, loop voor. Enige man met goeie maniere sê dit gereeld. Maar as jý sê 'gaan aan' moet wie ook al onmiddellik met wat ook al stop! Of!!

Jy sien, 'n man word gebore met die minimum vereiste hardeware. Maar jy kry sommer baie ekstra RAM.  Daarom het woorde vir jou meer as een betekenis en kan jy nooit (behalwe as daar niks fout is nie!) in een of twee woorde antwoord of verduidelik nie. Jy het immers 20 000 woorde per dag om te gebruik!

Mans, weer, gebruik hulle 10 000 woorde spaarsamig. As jy hom vra hoe was sy dag, sal lekker vir hom 'n aanvaarbare, volledige antwoord wees. Maar as hy vra hoe was jou dag, sal jy elke oomblik se gebeure herleef en 'n verkorte weergawe in net onder 'n uur kan gee.

In navorsing wat met kleuters gedoen is wat speel, is iets interessants bevind. Die dogtertjies hou nooit op met praat nie, selfs al is hulle
alleen. En net 50% van wat seuntjies sê, was verstaanbaar! Brrrrmmm, doef,bam-bam, ra-ta-ta-ta-ta-ta-ta... jy kry die prentjie.

Mans en vroue luister anders

Jy weet nou al van die boksies in sy brein. Om te verstaan hoe mans luister, moet jy aan 'n ouerige rekenaar dink. As hy besig is om te lees en jy begin met hom praat, moet hy eers sy leesprogram toemaak. En dit vat 'n rukkie.
Dan moet hy sy luisterprogram oopmaak. Maar teen daardie tyd trek jy al 'n paar gedagtes verder en het hy heeltemal die draad verloor. Dan sit hy met 'n enorme dekoderingsprobleem en moet hy reboot voordat hy enigiets verder kan doen. Waarskynlik staan jy nou ook al te ver weg vir hom om ordentlik te hoor. Want anders as hy, kan jy stofsuig, televisie kyk en praat tegelyk. Hy kan nie. Dit is hoekom mans baie keer uitblink in wat hulle doen, hulle kan fokus. Sonder dat enigiets hulle aandag aftrek!

Mark vertel dat wanneer hy vroue vra om die perfekte man te beskryf, hulle eintlik hulle beste vriendin beskryf. Dit is dalk tyd dat jy besef jou man is nie 'n vrou nie. Maar 'n os. Wat mis. Maar wat jou ook beskerm, koester, bemin en soms help om skoon te maak waar hy gemors het... nadat jy hom minstens vyf keer gevra het. Want onthou, die eerste paar kere beland dalk in die niks-boks!

Moenie kwaad word oor julle verskille nie. Omhels dit en bewonder die unieke maniere waarop God mans en vroue gemaak het. Daar is 'n plan daarmee. En hou op om oor "NIKS" te baklei!

Groete,
Lizette

---------------------------------------
PREVENT SPAMMING. IF YOU  ARE FORWARDING THIS MESSAGE WITH PERMISSION, PLEASE REMOVE MY EMAIL ADDRESS AND USE THE BCC ADDRESSING BOX.
 
This communication is solely intended for the addressee. If you received it in error, kindly notify the sender immediately and delete all copies.

This communication is intended only for the use of the person or entity named above and may contain information that is confidential or legally privileged.  If you are not the intended recipient named above or a person responsible for delivering messages or communications to the intended recipient, YOU ARE HEREBY NOTIFIED that any use, distribution, or copying of this communication or any of the information contained in it is strictly prohibited.  If you have received this communication in error, please notify the sender immediately. 

Please consider the environment before printing this message. 
Thank you.

Wednesday, May 23, 2012

You can Land in Hot Water Too!! :)


No matter who you are












You can Land in Hot Water Too!! :)

We all land in hot water at some point!!! lol

Tuesday, May 1, 2012

My plaas is nie al dié haat werd | Beeld

"Amazing attitude! Amazing 

that Beeld printed this! - Lizette"


My plaas is nie al dié haat werd


By: Henry Jackson
2012-04-30 22:17
Hoe reageer 'n boer wanneer daar op sy plaas beslag gelê word? Henry Jackson, 'n boer van Gweru in Zimbabwe, het die volgende boodskap gister aan vriende en familie gestuur nadat dit verlede week met hom gebeur het.

'My plaas is gevat! Daardie frase is amper so skrikwekkend as die woord 'kanker'. 

Dinsdag 24 April, terwyl ek besig was om kuilvoer te sny, het vier spoggerige voertuie my plaaswerf ingejaag en omtrent 20 mans het uitgespring, donker van woede en siedende haat.

Ek het oorgestap en vriendelik gegroet, maar net mompelende antwoorde gekry.

Die leier, die grondkommissaris, het begin: 'Jy weet dat die regering alle plaasgrond verkry het en dat jy onwettig op die plaas bly.'

'O,' het ek geantwoord.

'Wel,' het hy voortgegaan. 'Ons het 'n nuwe eienaar wat ons wil bring en aan jou wil voorstel.'

Hy het gevra of daar plek is waar ons kon sit en praat, en toe ons (bene uitgestrek) ons sit gekry het op ons stoep se stoele, het die intimidasie begin.

'Ons verwag dat jy saamwerk met die nuwe eienaar. Ons wil hê die oorgang moet vlot verloop.'

'n Besonder groot individu het bygevoeg, met diep haat wat uit sy gesig straal: 'As jy nie saamwerk nie, sal ons ons kêrels stuur en jy sal sonder enigiets weggejaag word – nie eens jou klere nie. Jy sal niks saamvat nie.'

Nog 'n man het gevra: 'Weet jy wie ek is?'

Ek het gesê ek weet nie.

Hy het gesê: 

'Ek is mnr. *** (ek kan nie sy naam onthou nie) en ek kan mense binne twee uur van hul plase afkry!' Hy het twee vingers in die lug gehou en kragdadig herhaal: 'Twee uur!'

Ek was taamlik stil tot op dié punt, maar het toe sag geantwoord: 'Mnr. ***, ek wil vir jou iets sê wat ek wil hê jy moet hoor.'

'Wat is dit?' het hy nors gevra.

Terwyl ek my vinger na hom wys, het ek sag gesê: 'Ek vrees jou nie. Ek vrees slegs vir God. Ek en jy sal albei eendag sterf en in ons eie skoene sal ons voor God staan en verantwoording doen vir wat ons in dié lewe gedoen het, jy vir jou dade en ek vir my reaksie daarop.'

Dit het gelyk of dit hom taamlik van stryk gebring het.

Met nog baie dreigemente is hulle daar weg, so vinnig as hulle gekom het, en met die belofte om die middag terug te wees om die nuwe eienaar aan my voor te stel.

Toe hulle terugkom, was daar minder van hulle en net twee motors, en ek het tyd gehad om tot verhaal te kom.

Die man, sy naam is Philemon, wou weet hoeveel tyd ek nodig het en ek het gesê: 'Ses maande sou ideaal wees sodat ek deur die winter kan kom.'

Hy het gesê dis te veel en ek het gevra hoeveel tyd hy my sou gee. Hy het gesê: 'Drie maande.'

Ek het besef dit was baie welwillend vergeleke met wat ander boere gekry het en dit aanvaar.

Binne 'n paar uur was die saak beklink en ek het my plaas, my lieflike huis en blyplek verloor, met nêrens om te gaan nie.

Maar die Here het my voorberei op dié dag. Oor die afgelope twee jaar het die Here baie met my gepraat oor my eie hart se houding en daar het baie reiniging plaasgevind.

Veral die afgelope drie maande het hy dikwels die gedagtes in my hart geplaas dat ek my plaas gaan verloor. Ek het geweet daar kom 'n toets in my lewe en dat Hy van my, sy kind, verwag om te reageer soos hy sou.

Toe die voertuie Dinsdag ingejaag kom, het ek dadelik geweet die tyd het aangebreek. Julle sien, daar is niks wat in dié lewe gebeur wat vir ons hemelse Vader 'n verrassing is nie.

As ons sy kinders is, is ons lewens veilig in sy hande. As ons na sy stem luister en doen wat Hy sê, is daar geen rede om bang te wees vir wat mense aan ons kan doen nie, of om die toekoms te vrees nie.

En wat sê Hy moet ons doen as dié soort ding met ons gebeur? Is ons gewillig om sy woorde op ons lewens toe te pas?

Matteus 5:44 sê: 'Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel ...'

Is Jesus se opdrag vir ons bedoel of nie? Waarom sien ek so baie Christene met sulke diep rassehaat en bitterheid wat in hulle kook? 

Moet ons nie kinders van ons Hemelse Vader wees wat sy karakter uitstraal nie? Watter getuienis leef ons uit as ons met siedende woede reageer? Hoe is ons dan beter as die wêreld?

Toe ek Philemon die volgende dag sien, was hy nog net so senuweeagtig en hy het op die punt van sy stoel gesit.

Ek het vir hom gesê: 'Philemon, al het ek nêrens om heen te gaan nie en al het jy op een dag my lewensdroom van my weggeneem, sal ek nie bitter of kwaad vir jou wees nie.

'Ek wil jou seën as jy die plaas oorneem. Ek wil jou help sover ek kan. Ek wil hê jy moet dié plaas soveel geniet as wat ek dit geniet het.'

Hy het positief gereageer en meer verbasende toegewings gemaak.

'Jy kan alles wat jy wil van die plaas af neem en as jy bereid is om enigiets te los, sal ek jou daarvoor betaal,' het hy gesê. 

Ons het blad geskud en is as vriende uitmekaar.

Die Bybel sê: ''n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie.' (Jakobus 1:20).

Ons moet die groter prentjie raaksien en nie so styf vashou aan die paar aardse besittings wat ons het nie. Ons Hemelse Vader is goed in staat om in al ons behoeftes te voorsien, en as ons ons aardse besittings in oop hande hou, kan hy daarvan neem of daarby voeg wat Hy wil. 

Nie eens 'n mossie val sonder dat Hy dit weet nie. Kan Hy nie voorsien in 'n huis en plek om my koeie te melk nie? Natuurlik kan hy!

Waarom sal ek dan toelaat dat my hart gevul word met haat vir 'n man vir wie Jesus gesterf het? Ek wil liewer sien dat dié man en sy gewelddadige vriende in die Koninkryk ingebring word.

Jy sal nooit die oorlog van rassehaat met haat wen nie. Dit kan slegs gewen word met liefde en vergifnis. Die sterkste krag ter wêreld is nederige liefde. Het Hy nie gesê: 'Die sagmoediges sal die aarde beërwe' nie?

Moenie die enorme krag van eenvoudige nederigheid onderskat nie – waar ons sê: 'Nie my wil nie, maar u wil geskied.'

Natuurlik is dit wat hulle doen onwettig. Ek kan die saak wen as ek hof toe gaan. Maar teen watter prys? Met meer haat, met intimidasie en geweld teen my werkers, en verskrikking vir my liewe vrou? Nee, 'n plaas is dit nie werd nie. 

Ek sal nie 'n stuk grond probeer behou en my kosbare vrou in gevaar stel en aan verskrikking blootstel nie. Sy is baie meer werd as 'n plaas.

Soos sake nou staan, het ek nêrens om heen te gaan nie. Jesus se dissipels het Hom gevra waar Hy tuisgaan. Hy het geantwoord: 'Die jakkalse het gate en die voëls het neste, maar die Seun van die Mens het nêrens om sy kop neer te lê nie.' Ek voel ek is in goeie geselskap!

Maar ek het 'n absolute en bonatuurlike vrede en vertroue dat my Hemelse Vader iets baie beters vir my het as wat ek gehad het. Hy maak een deur toe net om 'n baie groter deur oop te maak.

So, vir julle wat gehoor het dat my plaas gegryp is. Moet asseblief nie om my onthalwe die vuur van rassehaat en bitterheid aanblaas nie.

Plaas liewer jul vertroue volledig op ons liewe Hemelse Vader en wag om te sien hoe wonderlik hy dié situasie tot sy eer gaan omkeer."



---------------------------------------
PREVENT SPAMMING. IF YOU  ARE FORWARDING THIS MESSAGE WITH PERMISSION, PLEASE REMOVE EMAIL ADDRESS AND USE BCC ADDRESSING BOX.
 
Please consider the environment before printing this message. 
Thank you.

Sunday, April 22, 2012

Important Tips For Anyone Who Loves the Outdoors!

A link to the recent Global TV Ontario broadcast (was seen in other parts of Canada as well)...

http://www.globalnews.ca/lyme+disease+threat+increases/6442625188/story.html

Also, antibiotic resistance not necessarily just linked to past decades of antibiotic use...

http://www.canlyme.com/antibiotc_resistance_old.html

--
Jim Wilson
Canadian Lyme Disease Foundation
www.canlyme.com

Monday, April 9, 2012

Mayor’s Poetry City Challenge — Poets.ca


THE MAYOR'S POETRY CITY CHALLENGE


The Mayor's Poetry City Challenge project encourages municipal councils across Canada to take a few minutes in their Council meetings in March or April 2012 to recognize the poets in their communities, the contribution of poetry to the arts in Canada, the enormous contribution small publishers to the history and cultural development of Canada. Poetry City will be coordinated with programs to promote reading, writing and study activities in schools, universities and community venues during National Poetry Month. The Poetry City project is led by the Saskatchewan Writers' Guild (SWG) in partnership with the League of Canadian Poets.

April 3rd – Wainwright, Alberta
Poetry by Randy Tizzard

April 10th – London, Ontario
Poetry by Penn Kemp

April 23rd – Kitchener, Ontario
Poetry by Stefan A. Rose

April 23rd – Surrey, BC
Poetry by Heidi Greco