Welcome

Let's have some fun together!

Friday, January 14, 2011

JY staan ook skuldig!

Hiermee wil ek alle Afrikaners herinner dat julle nie in 1949, en met die inwyding van die Voortrekker monument, jul rugte gedraai het op Suid-Afrika toe op Gelofte Dag herbeloof is om God te eer op 16e Desember nie…

Ons staan as volk, maak nie saak waar op hierdie aardbol jy jou nou bevind nie, steeds onder die verpligtinge van wat ons destydse leiers met die inwyding van die Voortrekker Monument voor God aan God beloof het.
Net soos met die nagmaal tref ons n oordeel oor onsself en ons nageslag as ons NIE die Gelofte se bepalings nakom nie.

Die video hier onder se eerste deel kan julle nog afmaak as ontoepaslik, maar die vet weet, nie die laaste deel nie. Dit wys en herroep die gebeure rondom ‘n volk (ons) se beloftes aan ‘n Lewende God, en mense, wees gewaarsku: God laat hom nie bespot nie! Ons beter een en elkeen hierdie Gelofte gestand doen, want as ons dit nie doen nie gaan ons ‘n duur prys betaal – ons het daardie vloek oor onsself uitgespreek.

Kyk asb. hierna:



Besoek ook die Day of the Vow facebook bladsy hier: http://www.facebook.com/DayOfTheVow

en ondersteun die virtuele herdenking van Gelofte Dag op 16 Desember 2010 en elke jaar hierna.

‘n Belofte is ‘n belofte.

Day of the Vow / Gelofte Dag

Lizette De Klerk

© 2010-2011.
All rights reserved worldwide.


No comments:

Post a Comment